|


Die Jopie Fourie Voortrekkerterrein
is geleë 20km buite die stadskern van Pretoria en ongeveer 10km buite Akasia in
die hartjie van die Bosveld teen die hange van die Magaliesberg in die De
Wildt-omgewing. Die terrein is 'n besondere kultuurskat aangesien die Jopie
Fourie gedenkteken hier sy finale rusplek ontvang het.
Die terrein van ongeveer 3000m2
is aangrensend tot die hoofpad wat Brits, Pretoria-Noord asook die
Hartbeespoortdam met mekaar verbind en is maklik bereikbaar vanaf die Rand.
Die terrein is ideaal vir kleiner
kampgroepe asook vir werksfunksies wat in die buitelug gehou wou word. Die
volgende fasiliteite is beskikbaar:
¨
'n Afdak met opslaan kante
¨
Aparte kombuis
¨
Ablusiegeriewe vir Mans en Dames met storte
¨
Sentraal geleë vir toegang tot Hartbeespoortdam
asook Pretoria
Kampering vind
plaas in tente wat kampeerders self moet voorsien. Geen vuurmaakhout word
voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie. Alle rommel moet self
deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.
Die terrein is ideaal geskik vir kleinder
groepe.
Kontak
Die Voortrekkers se Transvaalse gebiedskantoor vir
verdere inligting:
Telefoon: 012-430-3914
Faks: 012-430-3544
Epos: transvaal@voortrekkers.org.za
Webblad:
http://transvaal.voortrekkers.org.za
|