Goue_boksWapadrand_wapen

WAPADRAND VOORTREKKERS

Die Kommando wat omgee!

Voortrekkers_wapen

Dans Dans Dans!!

Een twee cha cha cha, een twee cha cha cha. Ja sowaar voortrekkers kan ook dans! En nie net enige dans nie, “Ballroom” dans!

 

Die suikerbekkies van Wapadrand komando word nou al mooi groot, en het besluit om ‘n belangrike taak aan te pak hierdie jaar.

So gou as moontlik het almal ‘n dansmaat gaan vra en in die eerste week van skool na die April vakansie het hulle begin met die eerste dansklas.

 

Maar mens begin eers met die reels. Alhoewel almal al ‘n paar van hulle vergeet het, het die een reel ge’stick’. Dis die ou se werk om die meisie te laat goed lyk!! (Meisies, mag nie lei nie)

 

Toe begin die dans! Die “boogie” was heel eerste op die lys. Dale, die dans instrukteur, het een van die “bekkies” gevat en vir almal die stappe gewys. Kort voor lank Boogie almal al op die lekkerste dans musiek.

 

Volgende, Cha-Cha. Maar eers leer almal die lyn dans. Wie het gedink dat dans sy eie taal ook het? Dit het die dansers ‘n hele rukkie geneem om die stappe reg te kry. En eers die volgende week het die dansers die Cha-Cha aangepak op musiek met hul maats.

 

Daar is nog heelwat werk om te doen, aangesien hulle nog net twee danse geleer het. Maar almal kan sien die meisies geniet dit ontsaglik baie. Veral as hulle die volgende dag by die skool die dans passies in ‘n groep bespreek.

Almal is opgewonde oor die resultate van hierdie dans klasse. Na al hierdie harde werk, gaan die danse toegepas word op die dansvloer van die suikerbekkies se skemerkelkie later in die jaar.

Kom ons hoop hulle voete hou!!

 

Die lewe is ‘n lied. Kom ons dans dan saam op die ritme daarvan!

 

Die Wapadrand Boeredansgroep wat bestaan uit ander kommandos se kinders ook, het die 10 Mei 2008 by die Voortrekker Monument vir toeriste gedans.  Ons doen lyndanse, wals, mazurka en nog baie ander soorte wat baie lekker is en dit maak mens defnitief fiks.

 

Ons het 09:00 begin en tot 12:00 gedans.  Ons het darem bietjie gerus tussen-in.

 

Nie eens hokkie wedstryde vroeër die oggend kon van die seuns weghou van die optrede nie. 

 

En toe begin die toeriste ook nog saam dans.  Die Chinese is darem maar baie mal oor fotos neem.  Ons moes net bontstaan want hulle kom sommer so in die sirkel in terwyl ons dans om fotos te neem van ons.

 

Ons het nog ’n paar van hierdie optredes oor en gaan ook aan die Eisteddfod deelneem hierdie jaar.

 

As jy ons wil sien dans by die monument, kom maak ’n draai op:

 

5 Julie 2008

19 Julie

 

Of op 16 Augustus 2008 as ons by Wapadrand Kommando se kultuurnaweek gaan optree tydens die potjiekos geselligheid.

 

As jy ook wil leer dans, skakel vir Danette Smith by 082 923 6177 of epos haar om te hoor wanneer die volgende danskamp is by danna.smith@resbank.co.za