Geskiedenis

Hoof Bladsy
Irene Kampkerkhof
Kommandobestuur
Wie was ...
Jaarprogram
Koffie Projek
Vorie Konneksies
Spanne
Geskiedenis
Foto's

'n Terugblik op ons kommando...

In 1961 is Majuba Voortrekkerkommando gestig. Hierdie kommando het in 1966 'n knou gekry nadat kommandant, Giel le Roux, verhuis het. As gevolg daarvan dat kommandant Basjan Hattingh, van Jan Celliers kommando, ook verhuis het in dieselfde jaar, het die twee kommandos onder die naam Jan Celliers Voortrekkerkommando saamgesmelt.

In 1971 stig Aart Snyman en 'n paar ander offisiere, 'n Verkennerkommando by die Hoërskool Centurion, op daardie stadium nog Hoërskool Verwoerdburg.

Die kommando het op alle terreine uitgeblink en talle Presidentverkkenners (PV's) opgelewer. Onder die leiding van Bennie van Zyl het die kommando krag tot krag gegaan.

Daar is aan Jan Celliers en Verwoerdburg kommando's 'n terrein geskenk. Die terrein word deur 'n komitee bestuur wat bestaan uit die aangewese offisiere en heemrade.