Ongeveer 4 000 vrouens en 23 000 kinders uit
'n totale boerebevolking van ongeveer 322 000 en 'n onbekende getal uit die
swart bevolking het in die konsentrasie-kampe gesterf weens siektes,
blootstelling, swak voorsiening van lewensmiddele en onvoldoende mediese sorg.
Die Irene Konsentrasie-kamp was op 2 November
1900 in gebruik geneem. Die Britse beleid om plase te verwoes, huise af te brand
en vee dood te maak of weg te voer, het die bevolking in die kamp vinnig laat
toeneem. Teen einde 1902 was daar 5400 mense in die kamp aangehou, 'n tweede
terrein is suid van die Hennopsrevier ingerig en die inwoners van die kamp op
Nylstroom is daarheen oorgeplaas. Die ligging van die vermeende terein vir
swartes is onbekend.
Die Irenekamp Kerkhof is die begraafplaas van
minstens 1041 kinders en 149 volwassenes wat in die Irene Konsentrasie-kamp
gesterf het. Daar is geen gegewens beskikbaar oor die sterfsyfers in die
vermeende kamp vir swartes nie.
Sien foto's van die Irenekamp Kerkhof hier.
Daar het 'n kranslegging plaas
gevind op Vrydag, 31 Mei 2002, by die Irene Kampkerkhof. Die Vrede van
Vereniging is herdenk op hierdie spesiale geleentheid. Die Voortrekkers het die
vlagseremonie behartig, kom kyk na die foto's!