Tuis
Briewe en Vorms
Kontak Inligting

DIVISIES

Varswaterkunde
Roeikunde
Seilkuns
Seilvernuf
Selfbehoud

De Bank - Oranjeville

S 26° 57' 45.0"
O 28° 13' 04.7"

Die De Bank terrein is geleë op die oewer van die Vaaldam, naby Oranjeville. Die terrein is spesiaal ingerig vir waterwerkkampe, met lieflike grasperke, groot badkamergeriewe, 'n saal en toegeruste kombuis.

Die terrein verskaf ook slaapplek in houthuisies vir 65 mense. Tente word met gemak opgeslaan op die groot grasperke wat hierdie terrein geskik maak vir groot kampe.

 

Aanwysings: (vir mense wat suid op die R59 ry)

NOTA: Dit word baie sterk aanbeveel dat jy hierdie roete nagaan en seker maak dat jy weet waar die terrein is, alvorens jy in die kar klim en ry. Vat die koördinate en gaan kyk op Google Maps waar die terrein is en hoe jy moet ry om daar te kom.