Selfbehoud (Gr 11 - 12)
Selfbehoud op Wilgedraai is die ultimate kursus vir enige Verkenner in graad 11 of 12. Dis dié kursus vir adrenalien junkies, avontuur verslaafdes en vasbyters. Kom ontdek jouself, leer jouself ken en wen jouself!
KURSUS OORSIG
Selfbehoud is die elite groep op Wilgedraai Waterwerkkamp. Die kursus is sonder voorbehoud oop vir enige Verkenner in graad 11 of 12.
Kundige instrukteurs met hope lewenservaring bied aan jou die geleentheid van jou lewe. Kom toets jou wil teen die elemente van die natuur. Kom leer daardie interpersoonlike vaardighede wat jy nodig het vir oorlewing in vandag se samelewing. Kom delf in die dieper dinge van die lewe. Op Wilgedraai Selfbehoud weet ons wat ons wil hê, weet ons wat ons doen en weet ons waarheen ons op pad is.
Wilgedraai se Viking Selfbehoudkursus is baie beslis nie jou gewone Selfbehoud spesiale onderskeidingskenteken nie! Dit vra durf, vasbyt en deursettingsvermoë. Dis rof en onbeskof!
As jy dink dit sit in jou broek om die taaiste Selfbehoud in Transvaal te oorleef, as jy dink jy’s regtig staaldraad, as jy dink jy’t murg in jou pype en Vikingbloed in jou are… wel, dan is Selfbehoud jou kursus en Wilgedraai jou kamp!
Onthou, “it is not because things are difficult, that we do not dare. It is because we do not dare, that they are difficult”.
WILGEDRAAI SELFBEHOUD CREDO (VIDEO):