Seilkuns (Gr 10)
Wilgedraai is dié kamp om te leer seil. Die divisieleier word bygestaan deur ‘n groot groep dinamiese, energieke en bedrewe Staatmakers met die aanbied van die kenteken. Ons word uitgeken op die kamp aan ons swart pette.
Ná die kursus sal jy terme soos: Bakboord, Stuurboord, verklikkers , Gansvlerk, gyp, wend, laveer, ken, en weet wat word bedoel as daar verwys word na : koesbalk, seillat, voorskoot (nie jou ma s’n nie), roer (nie wat jy met jou koffie maak nie), swaard (nie die drie musketiers s’n nie), stagkabel en nog baie meer.
Verkenners kry die geleentheid om meer te leer oor seilvaart en om hierdie kennis prakties te beoefen. Maak julle reg vir sterk winde, want die Vaaldam is bekend vir goeie seiltoestande tydens September en Oktober. In 'n enkele dag kan mens vier seisoene beleef op die water - die ideale plek en tyd om die maksimum uit hierdie leerervaring te kry.
Jaarliks word daar tydens die kamp meegeding in Wilgedraai se eie regatta, en ongelukkig het Seilkuns verlede jaar die spit afgebyt teen Seilvernuf (as jy vir die 2de jaar seil (soos Seilvernuf) , dan weet hulle mos van beter). Ons het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar dalk ander deelnemers op die regatta gaan wees hierdie jaar.
Indien jy lus is vir ‘n onvergeetlike paar dae van seil, moenie langer wag nie, SKRYF NOU IN!!!
SIEN JULLE DAAR.