Tuis
Briewe en Vorms
Kontak Inligting
Terrein

DIVISIES

Varswaterkunde
Seilkuns
Seilvernuf
Selfbehoud

Roeikunde (Gr 9)

Op Wilgedraai word Roeikunde aangebied vir Graad 9 Verkenners. Hierdie divisie word op die kamp uitgeken aan hulle maroen pette.

Roeikunde is een van die spesialis velde van vervoer op water. Om die kuns van roei te bemeester moet elke verkenner kennis dra van die vernaamste roeibote en kano's. Verkenners moet weet waaruit hierdie bote bestaan en hoe dit versorg word, maar meer belangrik moet hulle weet hoe om dit te gebruik.

As deel van hierdie kursus kry elke Verkenner die geleentheid om te help bou aan 'n nuwe kano. So kry hierdie Verkenners al die geleentheid om 'n bydrae te maak, nie net tot Wilgedraai nie maar aan Die Voortrekkers en die behoud van hierdie vaardigheid.

Roeikunde is sekerlik een van die lekkerste kursusse op Wilgedraai. Hierdie divisie het die heel dag pret binne en buite die water. Deel van die avontuur is die tradisionele uitslaap op 'n ongerepte deel van die Vaaldam se oewer.

Vorige  
Volgende