Wilgedraai Waterwerkkamp
Wilgedraai Waterwerkkamp is die enigste gebiedskamp wat gedurende die Oktober skoolvakansie aangebied word in Transvaal. Wilgedraai is ‘n vakansiekamp waar verkenners kan kom ontspan op die waters van die Vaaldam. By die kamp heers daar ‘n ontspanne atmosfeer waar elke Voortrekker hom / haar self mag wees.
Bankbesonderhede:Nedbank het Wilgedraai Waterwerkkamp se bankrekening as dormant verklaar en gesluit. Ons het die afgelope twee weke verskeie kere probeer om die rekening weer oop te maak sodat u, u kommando se kampgelde kan deponeer. Ons het gister weer 'n finale poging aangewend wat weereens onsuksesvol was… Ons vra groot om verskoning vir die ongerief wat u moes verduur in hierdie verband! As 'n tydelike oplossing vir 2011 se Wilgedraai Waterwerkkamp inskrywings het ons die volgende rekening geopen wat u kan gebruik om die kampgelde in oor te betaal: Rekeningnaam: Transvaalse Voortrekkers Jy word dus versoek om asseblief so gou as moontlik die Wilgedraai Waterwerkkamp inskrywingsgelde oor te betaal in die bogenoemde rekening. Dit is uiters belangrik dat jy ‘n duidelike verwysing gebruik sodat jou oorbetaling maklik met jou inskrywing versoen kan word. |
Video
Foto's
Elke divisie bestaan uit ‘n span fasiliteerders wat spesialiseer in een of ander vorm van waterwerk. Hierdie kundiges dra graag hul kennis van die waterwerk aan die verkenners. Hulle doen dit op so ‘n passievolle wyse dat dit geen wonder is dat verkenners jaar na jaar terugkom na Wilgedraai nie.
Daarom nooi ons graag ieder en elk uit om bietjie rond te kyk op die webblad: Kom lees waaroor elke divisie gaan en kom blaai deur ons foto album en kyk wat ons alles doen. As dit eenvoudig nie genoeg is vir jou nie, kan jy gerus die inskrywingsvorm kom aflaai en saam kom kamp!
Wilgedraai Waterwerkkamp, waar jy, jy mag wees!