Tuisblad
 Fotos
 Kursusse
 Datums
 Terrein
 Inskrywings
Navrae

 

 

 

 

 

 

Baie welkom op die tuisblad van Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp - 2007

Wat kan ek verwag van Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp (SPDW)?

Ons kamp op die oewer van die Vaaldam naby Oranjeville. Ons is nie 'n veldwerkkamp nie, maar die enigste waterwerkkamp vir Penkoppe en Drawwertjies in Transvaal Voortrekkers. Sedert ons hier op De Bank kampterrein kamp stroom groot getalle Penkop en Drawwertjies gedurende die April skoolvakansie hierheen - selfs vanuit die Vrystaat en Natal!!

Vir amper 'n week van lekker vakansie by die water leer ons jeuglede hoe om te roei, te kook, vis te vang, lewens te red, seep en gedroogde vrugte te maak en baie ander aktiwitieite. Somige besoek die Vaaldam se wal, of 'n Botterfabriek, dalk 'n Veeveiling of 'n geskiedkundige Kerk. Daar is selfs van die kentekens wat oor die dam roei om 'n nag in die veld, onder die sterrehemel, deur te bring.

Kentekens wat op die SPD Waterwerkkamp aangebied word is: Die Kok (Gr.3), Waterfiksheid of Volkskennis - Groot Trek (Gr.4), Roeikuns of Varswaterdierekennis (Gr.5), Redding of Varswaterhengel (Gr.6) en Waterbewustheid of Erfgrond (Gr.7).

Offisiere bly ook nie vergete nie. Hulle geniet die wegbreek net so baie en hulle het weer hulle eie pret.

Die doel van SPD Waterwerkkamp is om aan ons Penkoppe en Drawwertjies die geleentheid te bied om van nader kennis te maak met die lewe in en om varswater.

In 2007 vier ons die 30 ste herdenking van Sentraal Penkop en Drawwertjie kamp.

Dit is egter nou eers die sewende jaar dat dit 'n waterwerkkamp is - die enigste waterwerkkamp vir Penkoppe en Drawwertjies by Transvaalse Voortrekkers.

Die kampraad van SPD Waterwerkkamp nooi almal wat belangstel en wat 'n verskil wil maak, uit om vanaf Saterdag, 24 Maart 2007, tot Donderdag, 29 Maart 2007, by De Bank te kom kamp.

Jy is besoeker Hit Counter vanaf Januarie 2007