In die nuus

07/26/11

Februarie 2011:

Hier volg 'n artikel van wonderlike werk wat gedoen was deur Corro van Waveren die divisieleier van De Kotters (Seeroeikunde).  VTS SEEJOL spreek sy hartlike dank uit teenoor Corro vir sy passie vir die jeug. Vir die volledige berig klik op: http://www.nauisa.org/news.html

NAUI ESTABLISHES CORPORATE ALLIANCE WITH THE VOORTREKKER MOVEMENT OF SOUTH AFRICA
By Charl Viljoen # 44818 (NAUI Course Director).

Founded in 1931, “Die Voortrekkers” is a uniquely Afrikaans-speaking South African youth movement, similar to the Boy Scouts in the USA and Europe.

Wishing to add scuba diving to their already extensive list of adventure specialities, the movement’s Project Officer, Corro van Waveren, having considered the offerings available from a variety of agencies, and impressed by the NAUI “Quality Difference” approached me with a view to specialized guidance. Working with Corro and in close co-ordination with NAUI Southern Africa, we were soon able to establish that NAUI’s Scuba Diver minimum standards, supplemented by the addition of some in-house “Voortrekker requirements” was ideally suited as basis for achieving the proposed Voortrekker Diving Merit Badge. The recommendation was enthusiastically endorsed by the Voortrekker leadership.

A pilot group of 10 Voortrekkers completed their theory and confined water training at the premises of Let’s Dive, a NAUI facility in Pretoria, during February 2011. This was followed by open water training at Miracle Waters, Pretoria over the weekend of 12/13 March.

A number of Voortrekker members who were already certified scuba divers took the opportunity to join the ‘pilot group’ on the open water dives to also qualify for the new Scuba Diving Merit Badge by completing the required “Voortrekker dives”.
All training for the group was provided and overseen by myself, supported by the NAUI instructor staff of Let’s Dive who are also all familiar with Voortrekker quality management principles.

All entrance fees and accommodation for the weekend was sponsored by the management of Miracle Waters.
At the Scuba Diver award ceremony on conclusion of training, I was privileged to present Corro van Waveren, the Voortrekker Project Officer, with a Certificate of Appreciation from NAUI Southern Africa for his contribution to the promotion of Scuba Diving among the youth of South Africa through the establishment of a corporate alliance between the Voortrekker Movement and NAUI Worldwide.

 

Julie 2009

Die Vaart van VTS SEEJOL is sopas iets van die verlede.  Hou gerus hierdie spasie dop vir die publikasie van die SKEEPSJOERNAAL asook die FOTOBLAD wat binne die volgende maand of wat opgedateer sal word.


Julie 2008                                                                                        Volume 1, Uitgawe 17

VTS SEEJOL spog met sy eie SKEEPSJOERNAAL jaarliks, lees gerus wat in hierdie prag-uitgawe verskein vir Die Vaart 2008.

Die SKEEPSJOERNAAL word jaarliks saamgestel deur die Matrose van die Griffiers - 'n kursus wat daarop uit is om Matrose meer van Kampkommunikasie te leer - Gaan loer gerus by ons Kursusse om meer uit te vind.

 


 

August 2007                                                                                                         Volume 3, Uitgawe/Issue 3

 

VOORTREKKERS REIK UIT NA DIE NATUUR-G. LE ROUX

 

Die Voortrekkers is ‘n jeugbeweging vir ywerige doelgerigte Afrikaners. Dit bestaan uit laer- en hoër- sowel as naskoolse lede wat trots is op die ABC riglyne waardeur die organisasie gedryf word. Ons glo sterk in ‘n moderne Afrikanerskap, ‘n positiewe Burgerskap en ‘n konsekwente Christenskap as waardes waarmee ons Suid-Afrika ‘n beter plek kan maak. Daar word jaarliks verskeie kampe aangebied waarvan een spesifiek tydens die tweede week van die Junie vakansie op  Hartenbos plaasvind.

 

Ongeveer ses busse vol opgewonde Transvaalse Voortrekkers het hierdie jaar gearriveer vir die

jolige tyd. Die verskillende ouderdomme word ingedeel in verskillende kursusse. Een van die kursusse staan bekend as Selfbehoud - ‘n kursus waar mens die dieper dinge van die lewe leer deur 5 dae op

die Vleesbaai duine te oorleef.

 

Ons selfbehoud-groep bestaan uit 33 graad 11 leerlinge (ook bekend as verkenners), en 3 ervare volwassenes (ook bekend as offisiere). Om by te dra tot die bewaring van die natuur help die selfbehoud groep jaarliks deur die strande skoon te maak en rommel op te tel. Die gemeenskapsprojek is aangepak onder leiding van Wayne Meyer — ‘n derdejaar student wat Natuurbewaring aan die Kaapse Tegnikon studeer en hom beywer in die bewaring van die strande en omliggende omgewing.

 

Die Selfbehouders se nederige bydrae behels onder andere die optel van rommel op die strande naby Fonteintjies. Dit is interessant om te sien dat die meeste rommel afkomstig is van verbygaande skepe aangesien dit die drukwerk van ander lande bevat.

 

Die Selfies is ook beloon vir hulle deelname deur twee blokke sjokololade vir die grootste en ook die swaarste rommelstuk. Ja-nee, Wayne weet beslis hoe om met tieners te werk. Hy het ook sy kennis met ons kom deel deur ons van die asemrowende seelewe te vertel en ook beendere van die lewe op die strande vir ons te wys en uit te ken.

 

Die Voortrekkers wil graag Mnr Riekie van Rensburg bedank vir ons kampeerplek op sy plaas en die voorreg wat ons het om elke jaar hierdie stukkie seelewe en duin te kan geniet. Hy bied ons waarlik die kans van ‘n leeftyd.

 

 

     

Hierdie webblad was 07/26/11 opgedateer