"Word wakker, word wakker,
daar onner inni bakke. . ."
NEEM KENNIS!!
ONTHOU VAN ONS KURSUSSE
OP VTS SEEJOL SPESIAAL VIR GR.11's:
SELFBEHOUD
het 'n totaal nuwe baadjie en beloof om 'n SUPER-WOER-WOER-kursus
te wees wat Survivor Maldives so kinderspeletjies laat lyk. Jy sal
verseker 'n superster in eie reg wees na hierdie ervaring! Gou speel
want daar is net 10 plekke beskikbaar op Die Vaart vir hierdie
geleentheid.
KAMPBEVEILING is hier om te bly op VTS SEEJOL. Hierdie kursus
sal jy nie
sommer vergeet nie. KOOKWATER offisiere gaan vir jou 'n
een-uit-'n-duisend ervaring gee.
Kom vaar saam en beleef - daar is net 10 plekke op Die Vaart beskikbaar.
Seejol
Seekamp vir Verkenners van Die Voortrekkers, vind jaarliks
plaas in 'n vakansie-atmosfeer te Hartenbos aan die Kaapse Suidkus.
Jy, as
Voortrekker, word deel van die bemanning op die vaart van
VTS Seejol!
Hier word dinge anders gedoen! As lid van die
bemanning, word jy ook hanteer soos dit in die eeu-oue maritieme
tradisie die geval sou wees. . . Miskien vee die trotse seevaarders se
manier van doen aan jou af en bly jy vir altyd 'n
Seejoller
in
Hart, Siel & Gees!
Kampinligting is beskikbaar in
Die Deining, Die Vaart se
inligtingsbrief. Laai Die Deining af onder
"Inskrywing"
of op
Die Deining te klik.
Verskeie
kursusse word aangebied
vir Matrose (Verkenners) vanaf Graad 8 tot Graad 12, wat hoofsaaklik met
aktiwiteite rondom die see en seelewe te doen het.
Kursusse vir volwassenes word ook
aangebied in die vorm van Spesialisasies by name: Dekhande (Seekunde). Volwassenes doen daarna diens as
Diensoffisiere of by Steundienste OF De Kotters (Seeroeikunde)
waar persone opgelei word om later as instrukteurs op te tree.
VTS Seejol
was ook
in die
nuus tydens 2011 en 2007- Lees gerus die artikel oor
skubaduikers en NAUI onder leiding van Corro van Waveren asook die bydrae wat
Kwartdek tot die gemeenskap gelewer het!
Kom vaar vanjaar saam en word deel van 'n
"Aksiebelaaide Vaart"
waar elkeen spesiaal is! |