PADKAART

 

 

 

 

Vanaf Pretoria:

Ry met die N1 na Pietersburg.  Voor die dorp is daar 'n verbypad na Tzaneen. Draai daar links af en volg die pad oor 3 stopstrate tot by 'n T-aansluiting.  Draai regs na Duiwelskloof. Ry reguit tot in Duiwelskloof.    Ry deur die dorpie.  Net na die dorp is Westfalia aan die regterkant.  Draai regs in, 'n hekwag sal die valhek oopmaak.  Gaan oor die treinspoor en volg die teerpad.  Draai regs by die eerste grondpad.  Volg die pad en die kampterrein is aan die regterkant.

Vanaf Pietersburg:

Ry met die Duiwelskloof pad tot  in Duiwelskloof.    Ry deur die dorpie.  Net na die dorp is Westfalia aan die regterkant.  Draai regs in, 'n hekwag sal die valhek oopmaak.  Gaan oor die treinspoor en volg die teerpad.  Draai regs by die eerste groot grondpad.  Volg die pad en die kampterrein is aan die regterkant.

Veilig ry.